détails du produit
+
Die brief wat ons as 2 Korintiërs ken, is ʼn intieme kykie op hoe verhoudings tussen mense as gevolg van misverstande en misplaaste verwagtings kan skeefloop. Die gemeente in Korinte het gedink Paulus het hulle nie lief nie omdat hy nie by hulle geld wou neem vir sy lewensonderhoud nie. Paulus wou hulle egter leer om nie op eer en posisie ingestel te wees nie. Hy wou hê die gemeente moes hom as ʼn vader erken. Vir Paulus was die insameling vir die gemeente in Jerusalem ook baie belangrik. Omdat hy nie van die gemeente in Korinte lewensonderhoud wou ontvang nie, het hierdie insameling die Korintiërs egter agterdogtig gemaak. Is dít hoe Paulus vir homself sorg?